Cloudbusters Paragliding

Laerskool Thabazimbi - fondsinsamelingsprojek PDF Print E-mail
  
Thursday, 14 May 2009 10:20

Laerskool Thabazimbi - fondsinsamelingsprojek

Gedurende die Paasnaweek het skermsweef-entoesiaste van regoor die land aan ? skermsweefkompetisie kom deelneem hier in Thabazimbi. ‘n Paar van die skwermswewers onder leiding van mnr. Waldo Minnie, voorsitter van die Cloud Busters klub, het ingestem om deel te neem aan ? fondsinsamelingsprojek wat Vrydag 17 April hier by Laerskool Thabazimbi gehou is. Drie van ons dapper personeellede juff Carien en Elna en ook mnr Kerneels het ons Vrydag verbaas met hulle waagmoed deur in te stem om tandem te vlieg saam met van die skermswewers. Juf Carien het eerste geland en die bord naaste aan haar opgetel Jac van der Linde was die gelukkige wenner van die eerste prys van R500.00. Anja de Beer was die gelukkige leerder wat haar bord op die plek neergesit het waar mnr. Kerneels geland het en so het sy die tweede prys van R250.00 gewen. Ongelukkig het die windrigting verander en kon juf Elna ongelukkig nie sweef nie. Oom Waldo het toe sommer ‘n bord gaan optel en Monique Pelser was die gelukkige wenner van die derde prys van R100.00. Hierdie fondse gaan vir die opgradering van die Wetenskapklas. Baie geluk aan al 3 hierdie leerders.

Jufffrou Carien se landing

Juffrou Carien se landing!

Laerskool thabazimbi wenners

Jac, Anja en Monique was die gelukkige wenners van die kompetisie.

 

Laerskool Thabazimbi fax

Fax van Laerskool Thabazimbi.

Besoek gerus Laerskool Thabazimbi se webwerf vir meer inligting.

http://lsthabazimbi.co.za/

 

Last Updated ( Wednesday, 26 August 2009 14:45 )
 
Copyright © 2010 Cloudbusters Paragliding. All Rights Reserved.
Joomla! is Free Software released under the GNU/GPL License.